Om te week in die lafenis van aanvaarding


image

In die wêreld is aanvaarding en toegeneentheid skaars. Ons almal soek dit, maar is versigtig om dit te gee. Ons is bang om dit te gee. Hoekom? Miskien omdat ons nie eers weet hoe om dit eerstens vir onsself te gee nie. Of dalk omdat ons nie weet hoe dit lyk nie, want dit is te min vir ons gegee. Vrees vir misbruik kan ň groot rede wees.

Dan is ons ook uiters versigtig wanneer mense dit vir ons gee. Hoekom? Dalk verwag ons dat daar een of ander toutjie aan die gee verbind is wat ons later gaan seermaak. Baie keer wonder ons of iemand nog iets goed vir iemand anders kan doen sommer net omdat hulle lief is vir die ander persoon.
Paulus skryf aan die Efesiërs in hoofstuk 5 daaroor. Die Mirror vertaling stel dit baie mooi.

Efesiërs 5 uit die mirror vertaling. Onthou – no more Shame!
26 Die manier waarop God met ons praat in Christus is soos om in ñ diep warm bad te lê en week totdat elke vlek en vuil spontaan verdwyn.

Baie keer is ons bang om te luister na wat Vader vir ons wil sê. Miskien omdat ons straf verwag soos ñ skoolkind wat na die hoof se kantoor geroep word.

Miskien sien ons Hom in ons onderbewuste as ñ God wat straf en toets, maar nie omgee oor hoe ons voel en dink oor dinge nie. Dink ons Hy is onbetrokke en krities soos baie van ons, ons Pa’s beleef het? Die gevoel dat mens nooit goed genoeg sal wees of doen gaan nie weg nie.

Die bg was nog nooit sy hart nie. Hy wil ons liefhê net soos wat ons is. Hy het ons immers so gemaak. Hy weet hoe ons oorspronklike plan lyk. Die wêreld en ons gebrokenheid daarbinne het ons wese kom versluier en toemaak sodat ons nie kan sien wie ons werklik is.

27 Die effek van hierdie intieme gesprek stel die Ekklesia kerk aan Hom voor in Sy herstelde beeld en gelykenis in die mens; sonder enige herinnering aan die verleentheid van ñ skewe verlede, nie eers ñ merk of wond van misbruik bly oor nie. Sy staan voor Hom in onberispelike onskuld.
28 Die beste ding wat ñ man kan doen is om sy vrou heeltemal lief te hê en dit gedurig vir haar te sê. Dit is selfs beter vir jou lyf as gesond eet en gym.
29 Stel jou voor hoe dom dit moet wees om jouself so te haat dat jy jou eie liggaam verag, nee man! Vertroetel hom eerder, trek hom mooi aan en laat hom goed voel. Kry die boodskap, jy is die liggaam van Christus; Hy is nie opgeskeep met jou en duld jou maar net verleë nie! Hy is dolverlief op jou!
In Yeshua is ons genoeg. In Joshua na die reën se lied ‘Dromers’  sing hy: “Almal sou genoeg kon wees, want vir almal was Hy genoeg gewees”
Kan ons glo dat ons genoeg is deur Sy werk aan die kruis? Partykeer voel dit vir my of ons skaamte en ‘performance’ ons gemaksone geword het, waarbinne ons, ons onsself regverdig en in beheer voel.
30 God vind uitdrukking en definisie in die mens; ons is sy werklike liggaam, vleis en bloed, murg en gebeente, volledig Syne! Ons lewe maak God sigbaar, tasbaar, wow!

Ons lees altyd die stuk asof net vir getroude mense. Dit is eintlik geskryf om vir ons te laat verstaan hoe lief Yeshua ons het. Ons behoort in Hom en aan Hom, het deur Hom gekom en kan tot Hom voluit Leef omdat Hy ons nog altyd liefgehad, want Hy IS vir altyd genoeg.

Daarom kan ons in Sy aanvaarding en toegeneentheid week tot ons vlekkeloos en sonder skaamte voor Hom staan.

Advertisements

Liefhê na ñ ruimte van genade en wees


Wanneer daar iemand in jou lewe is wat jou liefhet verby jou moeg, nukke, fiemies, frustrasie plekke en selfsugtige natuur is jy geseënd. Dis iemand wat jou verby al daai minder mooi skanse na jou ware identiteit trek. Iemand wat jou uitdaag dat die skanse en wegstoot maniere nie jy is nie. Dit maak jou vry om hul ook so lief te hê, want wanneer ons mense agter die skanse intrek en hul bly, weet ons hul het regtig lief.

Die eerste Een wat ons so lief gehad het en vir ewig sal hê, is Yeshua. Omdat hy ons liefhet kan ons mekaar verby die skanse liefhê. Dan kan ons mekaar sien met ander oë, want ons het eerstens na onsself leer kyk met ander oë.

image
Foto kom met toestemming van:

DIY Upcycled Broken Pot Ideas

Jy is meer as jou skanse, nukke en frustrasie wat uit pyn en seer kom wat jy partykeer nie eers jou vinger op kan lê. Jy is meer as die gebroke kleipot wat party dae voel hoop is ver en lig en liefde is nie vir jou. Sy Lig maak jou ñ unieke lamp wat ñ stukkie van Sy lewe teken op ñ manier wat niemand anders kan. Dit is nou as jy Hom eerstens binne-in verby die skanse in jou donker innooi. Die ding om te onthou is dat jy net die binnekant van die pot sien. Baie soos die agterkant van ñ Persiese tapyt of tapisserie. Dis deurmekaar en maak meeste van die tyd nie sin. Hy alleen sien die hele prentjie. Die mense om jou sien ñ stukkie. Soos jy Hom sien en ken in die dieptes van jou seerkry en skaamte so begin las hy jou gebroke kleipot en maak ñ nuwe skepsel.

image

Hy gebruik mense om te help las waar ander gebreek het. Partykeer stuur hy mense met wie jou lewe intiem verweef word vir ñ seisoen. ń Eggenoot wat self nog sy donker dele het, maar wat saam soek na die Lig. ń Vriend of vriendin wat nader is as ñ broer of suster. Deur hulle kry ons ñ kykie van wie Hy is en hoe ons deur Sy oë lyk. Deur hulle leer ons ook anders kyk na mense. By tye help ons hulle ook om weer Sy lig te vind wanneer hulle net die donker raaksien. Dis in daai tye wat ons mekaar kan liefhê na ñ ruimte van genade en wees.

Liggaam lesse van ñ gebreekte toon


image

Eergister het ek my ‘groot’ klein toontjie (hy is my derde grootse toon op my voet daarom haak hy gereeld) gebreek. Hy het aan ñ wasgoedmandjie gehaak wat op die verkeerde plek gestaan het terwyl ek met spoed vorentoe gegaan het.

Wat leer ek. Moenie wasgoed mandjies in nou gangetjies neersit nie....

Wanneer die liggaam met spoed vorentoe gaan en een deel haak vas, breek daai deel dan lei die hele liggaam. Veral dan nou as dit die ‘veronderstel kleinste anderster’ toon aan die linker voet is wat eintlik my dominante been ook is.  Nou kom ek agter hoeveel treë ek eerste met my linker been gee sonder dat ek dit eers oplet aangesien ek nie op hom kon trap en nogsteeds sukkel.

Werk dit so in die liggaam van Christus ook? Beweeg ons partykeer te haastig vorentoe terwyl die ‘anderster dele’ vashaak en seerkry? Voel ons dit wanneer dit gebeur of gaan ons maar net aan asof niks gebeur het nie? Versorg ons die lid wat seergekry het of hoop ons hy kom maar op sy eie reg terwyl ons gevoelloos aan beweeg? Die antwoorde van die vrae bepaal of die liggaam gesond is of melaatsheid het?

Melaatsheid is ñ siekte wat die senuwee punte laat doodgaan. Dis hoekom hulle ledemate in die ou dae afgevrot het, want hulle het nie gevoel as hulle ñ toon stamp of ñ vinger sny nie. Dit is dan nie dadelik skoongemaak en versorg nie en dan het infeksie ñ bose kringloop begin. In Dr Paul Brand en Phillip Yancey se boek ‘The gift of pain’ maak hulle pragtige vergelykings met die liggaam van Christus gebaseer op navorsing wat Dr Brand onder die melaatse gemeenskappe in Indië gedoen het.

Voel ons die pyn van die anderster dele wat sukkel om so vinnig te beweeg? Luister ons na die senuwees van die liggaam (die herders) wat sien wanneer lede swaarkry of laat ons hulle ook doodgaan met die hoop dat die anderster dele sommer sal afval?

Mag ons met genade, liefde en waarheid aandag gee aan die pyne in die liggaam en dit sien as waarskuwings om stadiger en met meer wysheid te beweeg.

Hartlegkaartstukplekke


Kinders se hartlegkaartstukplekke. . .

image

Wanneer mens ñ legkaart bou kom mens by tye by ñ plek waar mens lus is om op te gee en alles in die stinknuwe winkelboks terug te gooi om in afsondering en chaos te lê en vergaan. Veral wanneer mens by die wolke of blomme of gras of water of. . .kom wat alles op die oog af dieselfde lyk.

Kinders grootmaak is baie dieselfde. Elkeen kom trap sy eie unieke nessie in mens se hart oop, indien mens hulle toelaat. Met party is die toelaatslag moeiliker as met ander. Verbonds kinders (die res van die wêreld noem hulle stiefkinders, pleegkinders, aanneemkinders) is die grootste uitdaging in die legkaartbouproses. Ek noem hulle verbondskinders omrede die oomblik wanneer mens besluit om hulle te vat is dit as ware om ñ verbond voor hulle en jou eie hemelse Vader af te lê dat jy na deel van sy oogappel sal kyk.

Die groot uitdaging hier is dat mens die plek in jou hart leeg van verwagtinge en vooropgestelde idees oor hoe jou kind moet, mag en kan wees maak. Indien ons nie daai goed kan neerlê en vir hulle ruimte gee om hulleself by ons te wees nie gaan die plek wat mens as ouers in hulle hart kry ook baie klein en beperkend wees.

In die proses van legkaart bou met wat ons partykeer voel die agteraansig van die legkaart is, raak ons moedeloos en los dit maar net daar op die tafel. Hoe meer mens trane, jou hart, tyd en geld in die legkaart belê hoe moeiliker raak dit om als terug te gooi in die boks. Dan los ons dit maar net en hoop die puzzle van wie ons kind in Sy skepper se plan moet word sal maar net self na mekaar toe aangeloop kom.

Ons almal ken daai tye. Die vloerneerslane in al sy vorms. Die toeboek ‘whatever kannie worry of jy bestaan’ tye. Die openlike ‘buzz off ek het jou nie nodig nie’ en ‘jy kan my niks vertel’ tye. Die ‘Pa teen ma en andersom afspeel om hul sin te kry tye’. Dis makliker om dan net die wolke, wat skynbaar alles dieseldfe lyk te los en te hoop dat daai deel soos ystervylsels gemagnetiseer sal word en na mekaar toe sal spring op die regte tyd. Dit kan dalk. Deur gebed en deur die legkaart stukkie vir stukkie te laat gaan. Ander mense sien partykeer beter om dele van ons kinders se legkaart aanmekaar te help sit as ons. Daar is ñ engelse sêding ‘it takes a village to raise a child’. Dit neem nie mens se verantwoordelikheid as ouer weg om die proses te fassiliteer tot mens se kinders oud genoeg begin raak om dit self te doen nie. Dit kos maar net ñ stuk heelheid en volwassenheid om onsself jaar vir jaar uit die posbeskrywing van ‘hooflegkaartboufassiliteerder’ te werk en dit op die regte tyd stukkie vir stukkie in ons kinders se hande oor te gee. Dit help om te onthou ouerwees is net nog ñ posbeskrywing. Dis nie ons hele identiteit en roeping nie!!

Wanneer van die kinders se legkaart groeiprobleme, gestremdheid vir watter rede ookal, ernstige siekte ensomeer insluit raak die besluit wanneer en wat gee mens aan wie oor, op watter tyd nou eintlik, veel moeiliker.
Die hele proses van legkaartbou is altyd ñ reis met ñ eindbestemming. My Pa het altyd gesê: “Vakansie begin die oomblik wanneer mens by die huis wegtrek.” Kom ons geniet die reis met al sy aspekte sonder om fokus te verloor van die bestemming.

Net Hy weet waarlik hoe lyk die eindproduk, want met die legkaartmeesterstuk gee Hy nie vir ons die prentjie voor die tyd nie. Hy gee ons die keuse om ons eie legkaartmeesterstuk saam met hom tot ñ unieke pragstuk. Wanneer ons Hom kan toelaat op ons eie meesterstuk sal hy ons wysheid gee om die bou van ons kinders se meesterstukke te fasiliteer op ñ manier dat sy prentjie op die ou eind uitkom en nie ons vooropgetselde idee van hoe ons en ons kinders sin moet lyk nie.

HS