Liggaam lesse van ñ gebreekte toon


image

Eergister het ek my ‘groot’ klein toontjie (hy is my derde grootse toon op my voet daarom haak hy gereeld) gebreek. Hy het aan ñ wasgoedmandjie gehaak wat op die verkeerde plek gestaan het terwyl ek met spoed vorentoe gegaan het.

Wat leer ek. Moenie wasgoed mandjies in nou gangetjies neersit nie....

Wanneer die liggaam met spoed vorentoe gaan en een deel haak vas, breek daai deel dan lei die hele liggaam. Veral dan nou as dit die ‘veronderstel kleinste anderster’ toon aan die linker voet is wat eintlik my dominante been ook is.  Nou kom ek agter hoeveel treë ek eerste met my linker been gee sonder dat ek dit eers oplet aangesien ek nie op hom kon trap en nogsteeds sukkel.

Werk dit so in die liggaam van Christus ook? Beweeg ons partykeer te haastig vorentoe terwyl die ‘anderster dele’ vashaak en seerkry? Voel ons dit wanneer dit gebeur of gaan ons maar net aan asof niks gebeur het nie? Versorg ons die lid wat seergekry het of hoop ons hy kom maar op sy eie reg terwyl ons gevoelloos aan beweeg? Die antwoorde van die vrae bepaal of die liggaam gesond is of melaatsheid het?

Melaatsheid is ñ siekte wat die senuwee punte laat doodgaan. Dis hoekom hulle ledemate in die ou dae afgevrot het, want hulle het nie gevoel as hulle ñ toon stamp of ñ vinger sny nie. Dit is dan nie dadelik skoongemaak en versorg nie en dan het infeksie ñ bose kringloop begin. In Dr Paul Brand en Phillip Yancey se boek ‘The gift of pain’ maak hulle pragtige vergelykings met die liggaam van Christus gebaseer op navorsing wat Dr Brand onder die melaatse gemeenskappe in Indië gedoen het.

Voel ons die pyn van die anderster dele wat sukkel om so vinnig te beweeg? Luister ons na die senuwees van die liggaam (die herders) wat sien wanneer lede swaarkry of laat ons hulle ook doodgaan met die hoop dat die anderster dele sommer sal afval?

Mag ons met genade, liefde en waarheid aandag gee aan die pyne in die liggaam en dit sien as waarskuwings om stadiger en met meer wysheid te beweeg.

Advertisements